Meander Kleuterskool is ’n Christelike kleuterskool met ’n verskil. Ons bied voldagfasiliteite met ’n verskeidenheid aktiwiteite aan.
Ons volg die ELDAS-kurrikulum (ses leerareas);
1. Welstand (VLOA 1)
2.Identiteit en samehartigheid (VLOA 2)
3. Kommunikasie (VLOA 3)
4. Verken Wiskunde (VLOA 4)
5. Kreatiwiteit (VLOA 5)
6. Kennis en begrip van die wêreld (VLOA 6)
Ons juffrouens het ’n besonderse passie vir kindertjies en hulle wil seker maak dat ons omsien na die emosionele, sowel as die fisiese en kognitiewe ontwikkeling van elke maatjie. Tesame met ons ouers ’n verhouding bou om te verseker dat ons gelukkige hartjies kweek by elke kind.
“It takes a village … let’s create one” – want almal is deel van ons Meanderfamilie.
Skoolure
Maandae tot Vrydae 6:45 tot 17:30.
Naweke en Vakansies
Die skool is gesluit op naweke en openbare vakansiedae.Indien ’n vakansiedag op ’n Donderdag val, sal Meander die Vrydag gesluit wees en indien die vakansiedag op ’n Dinsdag val, sal ons die Maandag ook gesluit wees.
Neem asseblief kennis dat Meander Kleuterskool een (/) week in die wintervakansie gesluit is.
Meander Kleuterskool is verder tydens skoolvakansies oop, behalwe Desember tot Januarie soos deur die skool deurgegee.