Meander Kleuterskool

KOM ONS VERTEL JOU
MEER OOR ONS
Meander Kleuterskool is ’n Christelike kleuterskool met ’n verskil. Ons bied voldagfasiliteite met ’n verskeidenheid aktiwiteite aan.
Ons volg die ELDAS-kurrikulum (ses leerareas);
1. Welstand (VLOA 1)
2.Identiteit en samehartigheid (VLOA 2)
3. Kommunikasie (VLOA 3)
4. Verken Wiskunde (VLOA 4)
5. Kreatiwiteit (VLOA 5)
6. Kennis en begrip van die wêreld (VLOA 6)
Ons juffrouens het ’n besonderse passie vir kindertjies en hulle wil seker maak dat ons omsien na die emosionele, sowel as die fisiese en kognitiewe ontwikkeling van elke maatjie. Tesame met ons ouers ’n verhouding bou om te verseker dat ons gelukkige hartjies kweek by elke kind.
“It takes a village … let’s create one” – want almal is deel van ons Meanderfamilie.
Skoolure
Maandae tot Vrydae 6:45 tot 17:30.
Naweke en Vakansies
Die skool is gesluit op naweke en openbare vakansiedae. Indien ’n vakansiedag op ’n Donderdag val, sal Meander die Vrydag gesluit wees en indien die vakansiedag op ’n Dinsdag val, sal ons die Maandag ook gesluit wees.
Neem asseblief kennis dat Meander Kleuterskool een (/) week in die wintervakansie gesluit is.
Meander Kleuterskool is verder tydens skoolvakansies oop, behalwe Desember tot Januarie soos deur die skool deurgegee.

Gilda Ras
Skoolhoof

Karmie West
Blouklas (3 – 4 Jaar) /
Onderhoof
BESTE PERSONEEL
Onderwysers

Monique Swift
Groenklas (3 – 16 Maande)

Adele Visagie
Geelklas (16 Maande – 2 Jaar)

Zonika Oosthuizen
Oranjeklas (2 – 3 Jaar)

Izélle Gildenhuys
Persklas (4 – 5 Jaar)
Middag Personeel

Welné Pretorius
Geelklas (3 – 16 Maande) Middae

Tannie Karin
Oranjeklas (2 – 3 Jaar) & Kombuis

Tannie Assie
Pers & Blouklas (3 – 5 Jaar)
Assistente

Tannie Betty

Tannie Bongi

Tannie Caphline

Tannie Christina

Tannie Dinah

Tannie Grace

Tannie Linah

Tannie Lizzy

Tannie Palesa

Tannie Sarah
Skoolondersteuningspan

Tannie Lucy
Administratief

Tannie Linda
Kombuis

Oom Moses
Terreinbestuurder
