Meander Kleuterskool

Wat Ons Bied

Vrug Van Die Gees

Dissiplinêre Kode

Die ‘VRUG’- Reël:

 

V: Veilig (ons maak nie seer nie) en verantwoordelikheid

R: Respek (behandel ander soos ek behandel wil word) en reëls

U: Uniek – vir U, ons Here, straal ons liggies

G: Gehoorsaamheid

Ons doel by Meander Kleutelskool is om respek en omgee te betoon teenoor personeel en ander kinders. Ouers word gevra om hierdie eenvoudige reël ook vir hulle kinders te leer. Indien die kinders nie by ons reëls hou nie, word hulle uit die groep onttrek vanaf spel om “af te koel”. As ‘n kind na hierdie afkoelperiode steeds dieselfde gedrag toon, word hy/sy na die kantoor gestuur om verder “af te koel”. Die volgende stap is ’n gesprek met die ouer/s. Onder GEEN omstandighede word ’n kind aan vernedering blootgestel nie, daar word afsonderlik met die kind oor die situasie gepraat.

Kommunikasiebeleid

Meander Kleuterskool het ’n oopdeurkommunikasiebeleid. Dit is egter beter om ’n afspraak te maak indien die ouer enige iets met die hoof of onderwysers in verband met die kind se vordering of enige bekommernis wil bespreek. Alle gesprekke word streng vertroulik gehou. Daar word egter aantekeninge deur ’n getuie geneem om sodoende die korrektheid van die gesprek te behou.

Vrug Van Die Gees

Dissiplinêre Kode

Die ‘VRUG’-reël:

V: Veilig (ons maak nie seer nie)
R: Respek (soos ek behandel wil word)
U: vir U (soos vir die Here)
G: Gee en deel

Ons doel by Meander Kleutelskool is om respek en omgee te betoon teenoor personeel en ander kinders. Ouers word gevra om hierdie eenvoudige reël ook vir hulle kinders te leer. Indien die kinders nie by ons reëls hou nie, word hulle uit die groep onttrek vanaf spel om “af te koel”. As ‘n kind na hierdie afkoelperiode steeds dieselfde gedrag toon, word hy/sy na die kantoor gestuur om verder “af te koel”. Die volgende stap is ‘n gesprek met die ouer/s. Onder GEEN omstandighede word ‘n kind aan vernedering blootgestel nie, daar word afsonderlik met die kind oor die situasie gepraat.

Kommunikasiebeleid

Meander Kleuterskool het ‘n oopdeur kommunikasiebeleid. Dit is egter beter om ‘n afspraak te maak indien die ouer enige iets met die hoof of onderwysers wil bespreek in verband met die kind se vordering of enige bekommernis. Alle gesprekke word streng vertroulik gehou. Daar word egter aantekeninge gehou deur ‘n getuie om sodoende die korrektheid van die gesprek te behou.

Om toegelaat te word

Toelating

Vir toelating van ’n kind is die ouers/voogde verplig om ’n aansoekvorm sowel as ‘n kontrak in te vul. Hiermee word gevra vir besonderhede aangaande die kind se gesondheidsbehoeftes, doktersbesonderhede, mediese geskiedenis, ensovoorts, moet aangemeld word.

Om toegelaat te word

Toelating

By toelating van ‘n kind is die ouers/voogde verplig om ‘n aansoekvorm sowel as ‘n kontrak in te vul. Hiermee word gevra vir besonderhede aangaande die kind se gesondheidsbehoeftes, doktersbesonderhede, mediese geskiedenis ens. moet aangemeld word.

Meander Kleuterskool

Skoolfooie

vir 2026

3 tot 16 Maande

R 5200 Per Maand
  • Groenklas

16 Maande tot 2 Jaar

R 5200 Per Maand
  • Geelklas

2 tot 3 Jaar

R 4900 Per Maand
  • Oranjeklas

3 tot 4 Jaar

R 4900 Per Maand
  • Blouklas

4 tot 5 Jaar

R 4900 Per Maand
  • Persklas
  • Deposito beloop een maand se klasfooi.
  • Herinskrywing: R950 vir elke kind ingeskryf (Skryfbehoeftes word aangeskaf).
  • Matrasoortreksel: R150 elk (verkieslik twee).